Local newsNews

Gemeenskap stap vir Bybelverspreiding

Die gemeenskap het met groot opgewondenheid aan die Stap vir Bybels deelgeneem.

Gemeenskapslede het op 10 September by die AP Kerk-Nigel bymekaar gekom om deel te neem aan die kerk se jaarlikse Stap vir Bybels.

Sowat 144 inwoners het opgedaag om deel te neem aan die 1km of 5km staproetes.

“Ons is baie dankbaar vir elkeen wat opgedaag het,” het Elsa Greyling, een van die stapdag organiseerders gesê.

“Ons het ‘n nuwe rekord die jaar opgestel met die hoeveelheid mense wat hier was.”

Stappers het medaljes ontvang nadat hul die staproetes voltooi het.

Die fondse wat deur middel van die stap ingesamel is, word net so oorhandig aan die Bybelgenootskap van Suid Afrika.

“Die stapdag is vir ons ‘n groot ding,” het ds Jaques Boonzaier van die kerk gesê.

“Ons wil dit graag ‘n gemeenskapsprojek maak wat jaarliks groei.

“Almal wat vandag hier was het toegang tot ‘n Bybel. Die dag gaan oor dié wat nie daardie toegang het nie.
“Op die einde van die dag gaan dit daaroor om die Woord te versprei.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button