‘n Sekuriteitswag is tydens ‘n rooftog in die vroeë oggendure van 26 Junie by die Sasol Garage in Springsstraat in Nigel doodgeskiet.
Volgens inligting is die vulstasie tussen 00:30 en 01:00 beroof, waartydens die sekuriteitswag geskiet is.
Dit kan tans nie bevestig word of die rowers met enige buit weggekom het nie.
Enige iemand met inligting word versoek om die SAPD te kontak.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



