Local newsNews

Vrou se liggaam in Bersig woning ontdek, twee in arres

Linda Basson het by haar groot ouers gewoon.

HEIDELBERG – Twee persone is Donderdag, 4 April in hegtenis geneem vir die moord op Linda Basson (29).

Die gemeenskap probeer nog sin maak van die sinnelose moord op die geliefde inwoner van Bergsig.

Linda se lewelose liggaam is op 2 April net na 17:00 in haar oupa en ouma se huis ontdek.

Sy het by haar groot ouers gewoon.

Volgens inligting het ‘n familielid by die huis aangekom en onraad vermoed aangesien die huis glo deurmekaar was; iets wat nie gewoonlik gebeur nie.

‘n Buurvrou se hulp was ontbied waarna beide die huis deurgesoek en Linda se liggaam ontdek is.

Die SAPD het Donderdag bekend gemaak dat twee persone in verband met die moord gearresteer is en binnekort in die hof sou verskyn.



LEES OOK: Gedig opgedra aan kinders en kwesbares

LEES OOK: Rolbalspelers skud vere reg vir groot kragmetings

Related Articles

 
Back to top button