Local newsLocal sportNewsSport

Berge skaaf hul al vir die seisoen

Heidelberg Rugbyklub wil 'n groot seisoen beleef.

HEIDELBERG – Heidelberg Rugbyklub wat ook bekend staan as Berge is ‘n rugbyklub wat al jare sy man staan op die rugbyveld.

Die klub het sy ontstaan in 1883 gehad, en het deur die jare vele hoogtepunte maar ook laagtepunte beleef. Berge het in die verlede aan die Valke se Kestrel Liga deelgeneem en was verskeie kere as kampioene gekroon.

In 2024 het hulle opgeskuif na die sterker Valke Merlin Liga toe. In die afgelope seisoen het hulle verskeie top spanne geklop en terselfdertyd ander spanne laat les opsê.

Om in die Merlin Liga te kan speel moet die klub daartoe in staat wees om in die verskeie spanne minstens twee spanne in te skryf wat deur die seisoen kan speel.

Die Berge se eerste sowel as tweede span het gedurende die 2024 seisoen hul staal op die rugbyveld gewys. Met die nuwe 2025 seisoen wat binnekort gaan afskop is die spelers reeds besig met slyp werk.


Spelers van die Heidelberg Rugbyklub.

Die mikpunt vir die seisoen is op om voort te bou op 2024 se sukses en na ‘n hoër spelpatroon oor te skakel. Die klub het ook die jaar ‘n nuwe afrigter in Mario Jordaan.

Jordaan gaan seker maak dat die spanne slaggereed is wanneer hulle op die veld opdraf.

Die res van die afrigting span is as volg:
Tweede span afrigters: Christo de Wet en Stefan van Rooyen.

Span bestuurders: Alvin Jansen en Monique Reyneke.

“My mikpunt die jaar is om in die top vier te eindig,” het Jordaan gesê.

“As ons daar kom, is die kans groot om moontlik ‘n finaal te speel en te wen. Dit kan net gedoen word as ons die ondersteuning van die spelers en hulle families kam geniet.

“’n Verdere doelwit is om Heidelberg rugby weer die klub maak wat hulle jare gelede was toe hulle groot naam gemaak het.”

Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit kan vir Jordaan kontak by 062 728 2232. Die oefeninge is van 18:30 tot 20:00 op Hoër Volkskool se velde.


LEES OOK: Top marathon changes qualifying time

LEES OOK: Prontuit: Dierebeskermer deel haar passie


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button