Ability Academy skopboksers vaar uitstekend
Sebastian Ferreira gaan op 25 Januarie in die Versus Fight Night in die hoofgeveg sy titel teen TJ Esterhuizen in die MMA liggewig afdeling verdedig.
HEIDELBERG – Verskeie van Ability Academy, Heidelberg studente het gedurende Desember aan kompetisies deelgeneem.
Drie skopboksers het aan die World Association of Kick Boxing Organizations (WAKO) se Afrika weergawe van die skopboks kampioenskappe deelgeneem.
Skopboksers van regoor Afrika het teen mekaar meegeding in die ope afdeling vanaf 9 tot 12 Desember in die John Barrable Saal in Benoni.
Al die deelnemers kon aan die ope afdeling deelneem maar slegs kwalifiserende skopboksers was toegelaat om aan die geslote afdeling deel te neem.
Die Ability Academy skopboksers wat deelgeneem het was Divan Potgieter, Stefan Fourie en Esmerelda Zeilinga.
Divan Potgieter het twee silwer medaljes verwerf vir die punte asook die rondes afdeling. Beide die medaljes was in die ope afdeling gewees.

In die ope afdeling het Stefan Fourie in die rondes afdeling ‘n goud met ‘n eerste plek verwerf en silwer medalje in die punte afdeling.
Die geslote afdeling was vir skopboksers wat aan gekwalifiseerde vereistes voldoen het, het op 11 en 12 Desember plaasgevind.
Stefan Fourie het ‘n silwer medalje in die ‘kicklight’ afdeling verwerf. Esmerelda Zeilinga het ‘n brons medalje in die punte sowel as die rondes afdeling agter haar naam geskryf.
Zeilinga het in haar afdeling teen teenstanders van Mauritius en Egipte kragte gemeet.
Ability Academy se Sebastian Ferreira gaan op 25 Januarie in die Versus Fight Night in die hoofgeveg sy titel teen TJ Esterhuizen in die MMA liggewig afdeling verdedig.
Die geveg vind in die Heartfelt Arena in Pretoria plaas.
LEES OOK: CoE shares how to legalise your spaza shop
LEES OOK: Prontuit: Dierebeskermer deel haar passie



