Local newsNews

Pyne se saak sloer voort

Hofsitting besluit word verwag in die Pyne hofsaak.

HEIDELBERG – Die moordverdagte van Etienne du Preez en poging tot moord van Flip Minnaar, Jaén-Lee Pyne het op 13 Januarie weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Die saak is terug verwys na die senior staats aanklaer, hangende ‘n besluit wat gemaak moet word oor waar die hofsaak uiteindelik gaan plaasvind.

Die saak is tot 7 Februarie uitgestel vir terugvoering vir die uiteindelike hofsitting. Dit kan moontlik in die hooggeregshof of streekshof plaasvind.

Pyne sal op 20 Januarie weer in die Heidelberg landdroshof voorkom waar hy appel sal aangeteken om regshulp te kan ontvang van Legal Aid SA. Met sy vorige aansoek vir regshulp was sy aansoek afgekeur.

Die bogenoemde spruit uit ‘n saak van aanranding om opsetlik te beseer asook opsetlike saakbeskadiging wat sedert Januarie 2023 hangende is.



LEES OOK: Laerskool Tini Vorster se Graad Sewes is reg vir 2025

LEES OOK: The anatomy of a school bag and proper packing are more crucial than you think

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button