Laerskool AG Visser se nuwelinge pak die bul by die horings
Die nuwe leerders het opgewonde die eerste skooldag van hul laerskool loopbaan beleef.
HEIDELBERG – Nuwelinge by die Laerskool AG Visser in Rensburg het Woensdag met die intrapslag aan die werk gespring in hulle klaskamers.
Die Graad Een’s het opgewonde met die eerste skooldag begin om hulself voor te berei vir die nuwe uitdagings wat ‘groot skool’ bring.
Die skool het tans drie Graad Een klasse en ongeveer 60 Graad Een Vissies. Die huidige Graad Een onderwysers is Suzette du Toit, Sherani van Heerden en Janette Swart.
“Die oorskakeling van Graad R tot Graad Een het sovêr baie goed afgeloop. Ons het groot verwagtinge die jaar,” het Du Toit gesê.
LEES OOK: Laerskool Tini Vorster se Graad Sewes is reg vir 2025
LEES OOK: The anatomy of a school bag and proper packing are more crucial than you think









