Local newsNewsSchools

Vossies doen dit weer met 100% slaagsyfer

Die spanning en afwagting op elkeen se gesig het stuk-stuk verdwyn soos elkeen hul uitslae ontvang het, veral omdat elke matrikulant suksesvol hul eksamens afgelê het en die skool weereens kan spog met ‘n 100% slaagsyfer.

Hoërskool John Vorster matrikulante van 2024, het op 14 Januarie reeds vroeg by die skool opgedaag met ‘n mengelmoes van gevoelens van opwinding en senuweeagtigheid in afwagting vir hul matriekuitslae. Die uitslae was vanaf ongeveer 09:00 uitgedeel.

Die spanning en afwagting op elkeen se gesig het stuk-stuk verdwyn soos elkeen hul uitslae ontvang het, veral omdat elke matrikulant suksesvol hul eksamens afgelê het en die skool weereens kan spog met ‘n 100% slaagsyfer.

Dié mylpaal is te danke aan harde werk en toewyding wat aansluit by die skool se visie van strewe na uitnemendheid op alle terreine.

Hoërskool John Vorster glo daaraan om op ‘n besondere wyse gestalte te gee aan die breë opvoedingsdoel, en om jongmense te begelei na volwassenheid.


LEES OOK: New station commander at Heidelberg SAPS


Die skoolhoof Jan Nienaber, kon nie breed genoeg glimlag nie en het met trots gesê die toewyding van elke leerder en bekwame span onderwysers het gesorg vir die uitmuntende prestasie.

“Dit is ‘n groot mylpaal vir ons en veral vir elke matrikulant wat nou aan die begin staan van ‘n nuwe hoofstuk in hul lewe,” het Nienaber gesê.

Hy het bygevoeg hy glo dié mylpaal is beslis iets waarna die skool weer gaan streef vir die klas van 2025. Daar was 115 leerders wat hul matriek eksamen afgelê het.

Hulle het 90 onderskeidings behaal. Altesaam 60% van die leerders het geslaag met toegang tot ‘n BA graad en 36% tot ‘n diploma.


LEES OOK: Volkskool top presteerder skryf nege onderskeidings los


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button