Local newsNews

VLU Rensburg-tak skop 2025 met nuwe projekte en groeiende lidmaatskap af

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kontak Elmarie Eygelaar by 082 561 0441.

Die VLU Rensburg-tak se eerste vergadering van die jaar het op 14 Januarie afgeskop by die Ladi Koffie Winkel in die Heidelberg Forum gebou.

Marty Jerling wat in 2024 haar voorsitterskap afgestaan het, het die voorsittersverslag van 2024 voorgelê. Sy het genoem dat die lidmaatskap die afgelope jaar gegroei het en die tak nou 40 lede het.

Daar was in 2024 nege maandelikse vergaderings gehou met 11 lede wat ‘n 100% bywoning syfer behaal het. Die dames is bedank vir hul harde werk asook die 59 kompetisie inskrywings die afgelope jaar.

Jerling het verder oorsig gegee oor die 2024 projekte.

Die tak kon met die hulp van ATKV sorg dat 40 kinders skryfbehoeftes ontvang. Daar is ook 300 ‘I can’ blikkies gemaak en uitgegee.


LEES OOK: New station commander at Heidelberg SAPS


Die huidige voorsitter, Susan Smit het in haar beurt gepraat oor wat voorlê vir 2025. Die projek van die jaar is Hartsmense en die tak beplan om deur die jaar uit te reik na verskeie aftree oorde. In Februarie word daar ‘n uitreiking beplan vir Valentynsdag op die 14de.

“Ons moet die verskil wees wat ons wil sien in ander,” het Smit gesê en die dames aangemoedig om daagliks ten minste een persoon se lewe aan te raak en spesiaal te laat voel.

Die tak beplan om Susan Coetzer as spreker te nooi in September en lede is gevra om te dink aan ‘n fondsinsameling inisiatief om die kostes te dek.

Net voordat die vergadering afgesluit is, het Petra Basson ‘n oorsig gegee van die skryfkuns en foto kompetisie wat voorlê.
Die volgende vergadering sal op 11 Februarie plaasvind.

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kontak Elmarie Eygelaar by 082 561 0441.



LEES OOK: Heidelberger behaal 10 onderskeidings met 100% vir wiskunde

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button