HEIDELBERG – Die Hoër Volkskool het op 17 Januarie die skool se jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms aangebied.
Dié byeenkoms is ook die eerste van vele wedywerings tussen die Dorp en die Brakke spanne wat gedurende die jaar gaan afspeel.
Die dag is gekenmerk deur goeie prestasies asook ‘n rekord of twee wat opgestel is. Na afloop van die dag se atletiek is die Victor asook Victrix Ludorum atlete aangewys.
Die toekennings het gegaan aan:
Dané Marais (junior Victrix Ludorum), Cilliers de Beer (junior Victor Ludorum), Emma Barnard ( senior Victrix Ludorum) en Juandré Pretorius (senior Victor Ludorum).
Die Dorp span het die interhuis oortuigend gewen met 1 548 punte teenoor die Brakke se 1 246 punte.
Die atlete spring weg in die 800m item.
Seuns atlete spring weg in die 1 500m item.
Naellopers tydens hul wedloop.
'n Hekkie atleet seil oor die hekkies.
Die junior Victor Ludorum, Cilliers de Beer.
Die senior Victrix Ludorum, Emma Barnard.
Seuns verspringer in aksie.
'n Hoogspringer seil oor die dwarslat.
Daar was ook tyd vir bietjie sports tydens die interhuis byeenkoms.
Die 800m meisies staan reg vir hul wedloop.
Die senior Victor Ludorum, Juandré Pretorius.
Atlete laat waai in die 100m.
Die o19 meisies in vol kleur tydens hul 800m resies.
'n 400m atleet in aksie.
Connor Cannon het 1.65m gespring in die hoogspring.
'n Hekkie atleet in aksie.
Die junior Victrix Ludorum, Dané Marais.
' n Atleet tydens die spiesgooi item.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!