Crime

Jaén Lee Pyne doen formeel aansoek vir borg

Moord saak borgaansoek weer uitgestel.

Die verdagte Jaén Lee Pyne (30) wat in die skietvoorval, wat op 3 Julie in Ueckermannstraat afgespeel het waar Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond is en Flip Minnaar (66) beseer is, het vanoggend (25 Julie) in die Heidelberg se landdroshof verskyn vir ‘n formele borgaansoek.

Na verneem word het Pyne op ‘n stadium met Minnaar se dogter uitgegaan. Die verhouding het glo skeef geloop en verbrokkel.

Pyne is op 8 Julie in hegtenis geneem.

Volgens verslae het Pyne homself aan die polisie oorgegee.

Jaén Lee Pyne word in die landdroshof ingebring deur die SAP.

Pyne staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig. Hy het reeds twee keer sy verskyning in die hof gemaak waar die saak beide kere uitgestel was en hy in aanhouding moes bly.

Die saak is weer uitgestel. Die uitslag van die borgaansoek is vasgestel vir 31 Julie.

Pyne sal in aanhouding bly by Johannesburg Sentraal SAP.

Dit is in die hofaansoek bevestig dat daar verskeie beskermingsbevele teen hom gemaak is asook ‘n aanklag van aanranding.

Daar word ook verneem dat daar ongeveer 2 600 getekende petisies is wat die borgaansoek teenstaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button