Crime

Pyne se klagstaat word langer, ook verbind met sake in Brakpan

Die landdros, Michael Twala het gemaan dat die verdediging moet ophou tyd mors.

Die verdagte in die moord op Etienne du Preez en poging tot moord van Flip Minnaar, Jaén-Lee Pyne, het weer gister (18 November) in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Tydens sy hof verskyning het landdros Michael Twala dit duidelik uitgespel dat hy nie verdere uitstelling taktieke gaan duld nie.

Pyne se prokureur Thabang Moloi het homself van die aanranding saak, wat Pyne ook in die gesig staar, verwyder as gevolg van die feit dat regskoste moontlik nie verder bekostig kan word nie.

Dié saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook opsetlike saakbeskadiging is in Januarie 2023 gerapporteer toe Pyne glo vir Le Roux Minnaar in Ratanda aangeval, en sy voertuig beskadig het.

Die landdros het dié saak (aanranding met die doel om ernstig te beseer en opsetlike saak beskadiging) tot 25 November uitgestel om klaring te kry of staats regshulp bekom kan word al dan nie.

Die saak sloer al reeds van 2023.

Jaén-Lee Pyne gister (Maandag) in die hof.

“Hierdie saak moet teen Februarie 2025 afgehandel word want ons kan nie die saak laat aan sloer nie,” het Twala gesê.

Die moord saak van du Preez en poging tot moord op Minnaar is tot 13 Januarie uitgestel na ‘n versoek van die Departement van Publieke Vervolging.

Die saak van moord, wat aanhandig gemaak is nadat die lyk van ‘n man wat in ‘n voortuin in Arnoldistraat gevind is, is ook uitgestel tot 25 November.

Pyne se verskyning gister (Maandag) het ‘n verdere onverwagte resultaat opgelewer toe hy deur ‘n ondersoekbeampte van die Brakpan SAPD van nog vier klagtes aangekla is.

Dit sluit in een van moord en drie van poging tot moord.

Dit spruit uit ‘n skietery op 4 Mei 2024 wat op die hoeke van Madeleystraat en Hamiltonlaan in Brakpan plaasgevind het.

Die Brakpan Herald het hieroor berig.

Lees die berig hier: One dead, three injured in Saturday night shooting

Pyne sal môre (Woensdag, 20 November) in die Brakpan Landdroshof op die vier nuwe aanklagte teen hom verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button