Local newsSport
Balfour se jong gholfers blink uit
Verskeie gholfspelers van die Gekombineerde Skool Balfour het goed gevaar in hul verskeie afdelings.
Verskeie leerders by die Gekombineerde Skool Balfour het onlangs goed gevaar met gholf.
Regardt le Roux en Gert Diedericks het in Heidelberg aan die Junior Winter Club Championships deelgeneem.
Le Roux het ‘n eerste plek in die C-afdeling behaal en Diedericks het ‘n derde plek in die C-afdeling behaal.

Die Gekombineerde Skool Balfour se laerskoolspan gaan op 2 Augustus aan die SA Laerskole Ernie Els toernooi gaan deelneem.
Die skool is die enigste skool in Mpumalanga wat deur gedring het.
Slegs 14 skole landwyd gaan aan die toernooi deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



