Ability Academy blink uit op die mat
Harde werk bring uitstekende resultate na vore.
Vier lede van Ability Academy Heidelberg het onlangs aan die Versus Grappling kompetisie te Warriors Sports in Centurion deelgeneem.
William Roos het uitstekend gevaar en het ‘n tweede plek in sy afdeling behaal.
Elias Roos het sy buiging in die Jiu-Jitsu kompetisie gemaak en het homself baie goed van sy taak gekwyt met ‘n vyfde plek.
Sebastian Ferreira het vining met sy opponente klaar gespeel en het as wenner in sy afdeling weggestap.
Arno Carstens moes in ‘n ouer afdeling meeding as gevolg van die feit dat daar nie genoeg opponente in sy ouderdomsgroep was nie. In Carstens se drie gevegte het hy een oorwinning behaal.
Ability Academy het ’n algehele vierde plek in die kompetisie behaal uit 14 klubs wat meegeding het.
Die Ability Academy se vegters het ook onlangs aan die Great North 3 skopbokskompetisie in Kempton Park deelgeneem.
Die uitslae is soos volg: Jaco Coetzee (twee goue medaljes), Stefan Fourie (goud en silwer medalje), Wian Potgieter (goue medalje), Divan Potgieter (silwer medalje), Esmerelda Zelinga (silwer en brons medalje) en Arno Carstens (goue medalje).
“Ek is hoog in my skik met die studente wat so hard werk en goeie resultate kry. Dit wys hoe toegewyd hulle is. Ek sien uit na die nuwe jaar en nuwe uitdagings,” het die afrigter van Ability Academy Stefan Pretorius gesê.
Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom kan vir Pretorius by 084 815 0410 kontak.



