Rensburg VLU geniet piekniek
Die piekniek was by die Sedaven Estate buite Heidelberg gehou.
Lede van die Rensburg VLU het op 25 April hul maandelikse vergadering in die vorm van ‘n piekniek by die Sedaven Estate geniet.
Gasvrou Heilie van den Berg het die tema, Geskiedenis, behartig. Die lede het ook volgens die tagtigerjare aangetrek.
“Ons het na die afgelope paar besige maande dit goed gedink om die vergadering as ‘n piekniek te hou,” het Marty Jerling, die tak se voorsitter, gesê.

“Dit was ook ‘n tyd om bietjie te rus en ook om vir die lede dankie te sê vir die laaste paar maande se harde werk.”
Die tak het in Februarie hul 50ste bestaansjaar gevier en in Maart die konferensie aangebied.
Petra Basson, die tak se kompetisie sekretaris, het die lede met die meeste punte in die tak vereer.

Esra Leibold het die meeste punte op tak vlak ingesamel waarna Louise Verdonck tweede meeste het en Marty Jerling derde meeste het.
Die lede wat ook by konferensie artikels ingeskryf het, het ook sertifikate ontvang.
Jannie van den Berg het ook vir die tak meer van Sedaven en sy geskiedenis vertel.

Elmarie Eygelaar het ten slotte ook inligting gedeel oor die tak se Afrikaanse skrywer van die jaar, naamlik Dina Botha.
Die tak se volgende vergadering sal op 9 Mei plaasvind. Vir meer inligting, kontak Jerling by 082 465 9343.




