Nigel VLU geniet maandelikse vergadering
Die tak het tydens die vergadering ook meer oor Nigel se geskiedenis geleer.

Lede van die Nigel VLU het op 11 Mei hul maandelikse vergadering geniet.
Die tema van die oggend was kuns en geskiedenis wat deur die gasvrou, Kitty Bronkhorst behartig is.
Tydens die vergadering het die gasspreker, Susan Hurn vir die vroue meer oor sublimasie vertel en hoe sy deur die proses bekers, borde en boeke versier.
“Ek het die begin omdat ek graag vir iemand iets wou maak wat vir hulle mooi sal wees en hulle harte sal bly maak,” het Hurn gesê.
Annetjie Lehman het ook tydens die vergadering vir die vroue van Nigel se geskiedenis vertel.

Leeman, wat in Nigel gebore en getoë is, onthou die dorp toe daar nog geen fabrieke was nie en die stadsaal nog nie gebou is nie.
Die tak se volgende vergadering sal op 8 Junie gehou word met gasvrou Mabel van Staaden aan die stuur.
Vir meer inligting oor die tak of fondsinsameling, kontak Anna-Marie Axer, die voorsitter by 082 886 2002 of vir Elsa Greyling by 083 703 1763.