Local newsMunicipal

Ontmoet jou DA kandidaat: Yvonne van Coller

Voorstelling van die Wyk 8 tussenverkiesing kandidaat, Yvonne van Coller.

Yvonne Combrinck (van Coller) is die DA kandidaat vir die Wyk 8 tussenverkiesing.

• What are your priorities for the ward/Wat is jou prioriteite vir Wyk 8?

Terwyl almal teen dié tyd seker weet dat ‘n raadslid nie jou water-, krag-, riool- en ander munisipale tekortkominge kan regmaak nie, beteken ‘n raadslid baie vir sy of haar wyk. Ek ken en verstaan die behoeftes van Wyk 8 se gemeenskap en het die steun van ‘n betroubare DA-span op plaaslike-, provinsiale- sowel as nasionale vlak.

Ek sal van elke hulpbron gebruik maak en nou saam met Lesedi Plaaslike Munisipaliteit werk om te verseker dat betroubare dienste gelewer word. Ek verstaan die frustrasie en gevoel van magteloosheid wanneer inwoners nie antwoorde kry gedurende krag- en wateronderbrekings nie. Ek sal aanhou om deurlopend akkurate terugvoering te gee, omdat ek verstaan dat elkeen gedurig by sy huis of besigheid voorbereidings moet tref tydens hierdie onderbrekings.

Furthermore, I aim to unite the residents of Ward 8 to work together with their councillor to make this ward one to be proud of. There are many individuals, groups, businesses and organisations in this ward that regularly roll up their sleeves to clean parks and public areas, and cut grass in overgrown areas as well as next to the Blesbokspruit in Shalimar Ridge. Many residents of Ward 8 clean up faceless culprits’ illegal dumping, while others do their best to fix potholes. We need all our residents to get involved in projects like these until LLM can fulfil their duties.

• What are some of the challenges facing the ward/Wat is van die uitdagings wat Wyk 8 in die gesig staar?

Wyk 8 se straatligte wat nie werk nie, gee aan skobbejakke en diewe vrye teuels om te steel en te plunder. Elektriese bokse op sypaadjies word gestroop en inwoners loop deur onder huisbrake, voertuigdiefstal en selfs gewapende rooftogte. Ons sal met ‘n plan vorendag moet kom om straatligte wat wel herstel word, teen kriminele wat die drade stroop te beskerm.

The residents of Ward 8 (especially Rensburg and Shalimar Ridge) have been pleading for service delivery for over a decade. With this ward having by far the worst road surfaces and magnitude of potholes within the municipality, they also have to battle through continious power outages. Businesses in the industrial area had to spend shocking amounts of money to keep their generators running in the past few months – during outages that are not part of load-shedding.

Nog ‘n groot uitdaging in hierdie wyk is werkloosheid en werkskepping. As jou DA-raadslid, sal ek veg vir betroubare dienslewering en verandering. Saam kan ons ‘n gesonde omgewing skep waar besighede en nywerhede floreer en werkskepping verseker word.

• What traits do you possess to tackle the job efficiently/Watter eienskappe besit jy om die werk doeltreffend aan te pak?

Almal wat my ken, weet dat ek vir meer as 30 jaar ‘n passie vir Heidelberg en sy mense het. Ek sal baklei vir ‘n beter Heidelberg en vir regverdigheid. Daar is niks wat my so kan omkrap soos mense wat oor alles kla, maar op hul eie hande bly sit nie. Ons moet weet wie ons bure is en wat in ons buurt aangaan.

Danksy my verbintenis met die media ken ek die gemeenskap se uitdagings en tekortkominge. Ek was nog nooit bang om self moue op te rol en ‘n park of begrafplaas onder hande te neem en op te ruim nie. My sterk persoonlikheid oorheers egter nie my sagte kant wanneer dit by welsyn, bejaardes en kinders kom nie.

Ek doen ‘n beroep op elke inwoner van Wyk 8 wat geregistreer is, om hul stem op 24 Mei te laat geld. Dit was vir my ‘n groot skok om uit te vind hoe min inwoners van hierdie wyk in die verlede hul stemme uitgebring het. Almal dring aan op ‘n hoë standaard van dienslewering en het verwagtinge van hul plaaslike munisipaliteit. Dit is egter ‘n feit dat inwoners nie kan aandring op verandering nie, maar jy kan deur jou stem verandering meebring.

Related Articles

 
Back to top button