Local news

Inwoners vir 97ste verjaarsdae

Twee Suikerbos inwoners behaal 'n groot mylpaal saam.

Twee inwoners van Suikerbosoord se Silwer Akker het onlangs hulle 97ste verjaarsdag gevier.

Stofie Pruis is al oor die 20 jaar deel van Suikerbosoord en het haar verjaarsdag op 11 Mei gevier.

Stofie was in haar jeug ‘n onderwyser gewees.

Anne Jordaan het op haar beurt op 12 Mei haar verjaarsdag gevier.

Jordaan is sedert 2018 deel van Silwer Akker maar al vir jare deel van Suikerbosoord.

Jordaan is nog vol lewe en reg om die dansvloer haar eie te maak.

Beide die vroue het diep spore in Heidelberg en hulle familie se lewens getrap.

Stofie Pruis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button