Local newsSport
Jong gholfspelers vaar goed in toernooi
Die Le Rouxs vaar uitstekend in Gholf Toernooie.
Balfour Gekombineerde Skool se Levin en Regard le Roux het onlangs in twee golftoernooie in Mpumalanga gespeel.
Albei leerders is nog in die laerskool van die Balfour Gekombineerde Skool.
Levin le Roux het aan die C-afdeling van die Mpumalanga Foundation Gholf Toernooi deelgeneem en het as algehele wenner weggestap.
Regard le Roux het aan die B-afdeling van die Mpumalanga Walker Park Ope Gholf Toernooi deelgeneem en het ’n derde plek op die podium ingeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



