‘n Damesoggend, waartydens verskeie gassprekers opgetree het, is op 13 Mei by die Ou Apostoliese Kerk in Rensburg gehou.
Christoff Radyn van Baird Financial Services het die gaste touwys gemaak ten opsigte van begrotings, beleggings en testamente.
Mari Viktor, ‘n maatskaplike werker, was die hoofspreker by die byeenkoms.
Sy het begin om die vroue te wys hoe om Origami te vou.
Die tema van Viktor se boodskap was: Ek is vrou, Ek is mens, Ek is waardig genoeg.
“Dink aan jouself as ‘n papier skuifspeld. Jy as vrou hou die familie bymekaar. Elkeen kan besluit hoe heg hulle hul families wil bind en verseker dat hulle bymekaar bly,” het Viktor gesê.
“Elke vrou moet ‘n ook ondersteuningsnetwerk hê. Daarby moet elkeen ook hulself aanvaar soos hulle is en lewe ten volle sonder om te aarsel.”
Die vroue het verder ook na Trienie Drotschie geluister.









