Nigel VLU geniet gesellige wintersoggend
Die VLU vroue het ook meer oor die konsertina geleer.
Lede van die Nigel Vroue Landbou-unie (VLU) het op 8 Junie hul maandelikse vergadering geniet.
Die vergadering se tema, kuns en geskiedenis, is deur die gasvrou, Mabel van Staaden behartig.
Die gasspreker, Robert Holm het vir die vroue meer oor die konsertina se geskiedenis en konstruksie vertel.
Holm is van kleintyd af lief vir die instrument en het in 2003 sy eerste konsertina herstel, waarna hy ook die instrument leer speel het.

Holm het ook vir die vroue ‘n kort lied op een van sy konsertinas gespeel.
Die tak se voorsitter, Anna-Marie Axer het ook tydens die vergadering vir die vroue meer oor die voël van die jaar, die Kaapse papegaai, vertel.
Die tak se volgende vergadering sal op 10 Augustus plaasvind.
Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit, kontak Axer by 082 886 2002 of vir Elsa Greyling by 083 703 1763.





