Local newsSport

Goud en silwer vir Jiu-Jitsu vegters

Harde werk het vrugte afgewerp vir die twee vergters.

Twee vegters van Arte Suave and Raven Strategic Defence het onlangs aan die Submission Kings, Queens and Kids Brazilian Jiu-Jitsu toernooi deelgeneem.

Die toernooi het op 25 Junie in Randburg plaasgevind en die twee vegters, Liam Cerva en Chriselda Viljoen het vir geen teenstander teruggestaan nie.

In die meisies afdeling het Viljoen in twee afdelings bo haar eie ouderdom te veg.

Sy het in die 15-18 jaar (73+kg) (gevorderde afdeling) haar staal getoon.

Viljoen het gewys die harde werk wat sy ingesit het vrugte afwerp en het die silwer medalje verower.
In die seuns afdeling was Cerva op sy stukke gewees.

Hy het in die seuns 15-18 jaar (gevorderde afdeling) sy man gestaan en ‘n goue medalje vir sy goeie poging en gevegskuns gekry.

Die afrigter van Arte Suave and Raven Strategic Defence, Shalto Schoeman het sy tevredenheid met die twee vegters uitgespreek.

“Moet nie ons onderskat nie,” sê Schoeman.

“Ons seuns en meisies is toegewyd en oefen hard om bo uit te kom.”

“Ons afrigtingspan is myself en Stefan Kruger.”

Enigiemand wat meer oor die klub te wete wil kom of belangstel om aan te sluit kan Schoeman by 082 909 3870 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button