Dansers presteer by Conspirito
Die dansers sal later die jaar aan die Nasionale Forte Rondes deelneem.
Sowat 16 dansers van Rene’s Art of Dance het op 17 Junie aan die Conspirito Kunswedstryd deelgeneem.
Die dansers het aan 33 items deelgeneem en daarin geslaag om 18 A++ diplomas en 15 items A+ goud toekennings te ontvang.

“Ek is ongelooflik trots op my dansers,” sê René McGeer van die dansskool.
“Hulle het hul goed van hul taak gekwyt en maak my trots.
“Van die 16 dansers wat deelgeneem het is 12 gekies om in September aan die Nasionale Forte Rondes deel te neem,” vertel McGeer.

Die dansers wat deurgaan na die Nasionale Forte Rondes in September en hul uitslae vir die verskeie afdelings waaraan hulle deelgeneem het is as volg:
Alisha van der Walt (Cha-cha afdeling: 90%, Energy afdeling: 92%, Bhangra: 91%); Abigail Bornmann (Jazz afdeling: 90%, Spaanse afdeling: 91%); Marze Coetzer: (Bhangra afdeling: 91%); Amelia de Beer (Bhangra afdeling: 90%); Imé Bronkhorst (Kontemporêre afdeling: 93%); Bhangra afdeling: 91%); Nicke Droskie: (Samba afdeling: 90%, Hip-hop afdeling: 91%); Bornmann en Abigail Gabrieli (Hip-hop Duet: 94%); Bornmann en Gabrieli (Samba Duet: 93%); Lumé Stander: (Energy afdeling: 91%); Bornmann, Gabrieli en Stander: (Trio open afdeling: 92%); Coetzer, Simoné Fourie, Simoné Coetzee , René Vogel en Vicky Badenhorst (Moderne dans groep: 92%).



