Local newsSport

‘n Goeie Bokkieweek vir Volkies

Volkie Bokkies laat die wenkboue lig.

Die Hoër Volkskool het verskeie deelnemers gehad wat aan die onlangse AVS Bokkieweek deelgeneem het.

Die geleentheid het op van 3 tot 7 Julie op Kroonstad plaasgevind.

In die Oos-Transvaal o16 span het agt Volkie spelers hul span verteenwoordig.

Die spelers was Karin Venter, Inge Boshoff, Marileigh Mouton, Lerise Liebenberg, Lihandi Venter, Leila de Beer, Logan Lighhelm en Jon-Benét Bauer.

Karin Venter was ook die kaptein van die span gewees.

Na die afloop van die week het dié netbalspan vyfde geeindig.

Vaaldriehoek se o14 hokkiespan.

In die hokkie toernooie het Vaaldriehoek se o14 span wat vier Volkie spelers bevat het algeheel derde klaar gemaak.

Die Volkie hokkiespelers was Carli Venter, Jeanisha Swanepoel, Makayla van Loggerenberg en Micari Muir.

Daar was keurders op die week se toernooi teenwoordig gewees en hulle het Karin Venter gekies vir die o16 President Bokkiespan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button