Local news

Solidariteit bring streek besoek

Tande gesondheid kry voorkeur.

Solidariteit Helpende Hand se Heidelberg-tak het op 12 Julie verskeie kleuterskole in Heidelberg saam met Piet Tande asook die bestuur van Helpende Hand besoek.

Dit het deel gevorm van ‘n streek besoek om eerstehands te bepaal hoe dit in die streek gaan en waar hulpverlening benodig word.

Piet Tande het die kleuterskole, tot groot vermaak van die kleintjies besoek.

Op ‘n ligter en meer opvoedkundige noot is kleintjies van kleuterskole touwys gemaak hoe om hulle tande te borsel en na hul tande om te sien.

Pienkie Ponkie en Kleuterzone is vroegoggend besoek en die kinders het lekker saam met Piet Tande gedans en gesing.

Piet Tande was is me ope arms verwelkom by Pinkie Ponkie kleuterskool.

Daarna is Sunfield Home Fortuna in Balfour ook besoek.

“Om te sien dat dit wat ons doen wel ‘n impak het, is meer verblydend as wat enigeen kan besef,” het Mariolette Vorster, Oos-Rand Streek organiseerder gesê.

Piet Tande en Helpende Hand-Heidelberg Tak besoek Kleuterzone.

“Die dankbaarheid op die behoeftiges se gesigte maak al die werk wat ons doen absoluut die moeite werd.

“Daar is vele projekte waarby Helpende Hand betrokke is en waar die verskeie gemeenskappe gehelp word.
“Ons as die bestuur kan dit egter nie sonder ons regterhande in die verskeie streke doen nie.”

Piet Tande kry tandepasta by die Tandefeetjie.

“Die lede wat by Helpende Hand se Heidelberg-tak betrokke is, doen wat hulle doen uit liefde en omdat hulle ‘n verskil in die gemeenskap wil meebring.

“Dat Patricia Meyer (Heidelberg-tak voorsitter) se hart in die gemeenskap is, is duidelik te sien in alles wat hier gedoen word.

Patricia Meyer spreek die kleuters toe.

“Ons het verseker meer mense soos Patricia nodig,” het Vorster mee afgesluit.

Piet Tande en Patricia Meyer.
Patricia Meyer, Mariolette Vorster, Sandra Taljaard, Lize Marie Buys, Christia Potgieter, Ashleigh Labuschagne en Bianca Oosthuyzen, tydens die streek besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button