Local news

SAWV veterane besoek outisme sentrum

Daar is tans 27 kinders wat daagliks by die sentrum versorg word.

Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging Veterane se Eenheid Suikerbos het op 19 Julie gebreide items aan die Heidelberg Outisme Sentrum in Rensburg oorhandig.

Die sentrum in Zuidstraat is baie spesiaal vir die gemeenskap in Heidelberg en die werk wat daar gedoen word is merkwaardig.

Frik van Niekerk, voorsitter van die Veterane Eenheid Suikerbos het die uitstappie na die outisme sentrum gelei.

“Ons is in die gemeenskap en wil die gemeenskap help so ver as wat ons kan,” het van Niekerk gesê.

“’n Vrou in ons gemeenskap het die items gebrei en geskenk, met die doel dat die items vir ‘n goeie doel aangewend word.

“Ons vroue afdeling van Eenheid Suikerbos het dit goed gedink om die gebreide items aan Jolani Roos en haar personeel te skenk sodat hulle dit kan aanwend na goed denke.”

Jolani Roos, prinsipaal van die Heidelberg se Outisme Sentrum het tydens die oorhandig verduidelik dat daar vir elke twee kinders ‘n versorger/ onderwyser aangestel is.

“Daar is tans 27 kinders in ons sorg op ‘n daaglikse basis.

“Elke dag het nuwe uitdagings en struikelblokke wat ons moet oorkom.

“Ons is dankbaar vir elke persoon wat help om te verseker dat die sentrum van krag tot krag gaan. Sonder die gemeenskap asook ons geloof sal ons nêrens kom nie.”

“Die Heidelberg Outisme Sentrum is ‘n NPO en die finansies wat inkom is nie altyd na wense nie,” het Roos gesê.

Daar is ook ‘n behoefte aan items om die kinders besig te hou en te leer.

“Dit sluit opvoedkundige items soos legkaarte, boublokkies en speelgoed soos fietse en stootkarretjies in,” het Jolani verduidelik.

• Die sentrum bied op 2 Desember ‘n fondsinsameling by die Goldfield Lodge aan.

“Persone soos Mel die Storie Verteller en Liza Brummer sal daar optree. Kaartjies is beskikbaar by die Heidelberg Outisme Sentrum.

Enige iemand wat skenkings wil maak aan die sentrum kan Jolani Roos by 082 566 7030 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button