Local news

Prag oomblikke deur fotograwe vasgevang

Die Heigel Fotoklub vergader een keer per maand in Nigel.

Die Heigel Fotoklub se maandelikse vergadering het op 16 Augustus in Nigel plaasgevind.

Die Heigel Fotoklub se fotograwe is afkomstig van Nigel en Heidelberg omgewing.

Daar was altesaam 40 foto’s vir Augustus maand ingeskryf wat deur ‘n paneel kundiges beoordeel is.
Augustus se tema was ‘Erosie’.

Die wenfoto ‘Augustus Erosie’ is deur fotograaf Marissa Enslin geneem.

Die tema wenfoto, ‘Augustus Erosie’, is deur Marissa Enslin geneem.

Die algehele wenfoto was ‘Not this old hat’ deur gesoute fotograaf Ineke Kleingeld en die junior foto wenner ‘Kuifkopvisvanger’ is deur fotograaf Lukas van der Merwe vasgevang.

Die temas vir die res van die jaar is soos volg:

September: Tafel Blad/ Stillewe (kleur)

Oktober: Lelie (kleur)

November: Sonsondergang/Opkoms (kleur).

Die volgende vergadering vind op 14 September plaas. Persone wat by die klub wil aansluit of meer inligting verlang kan vir Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die junior wenfoto ‘Kuifkopvisvanger’ is deur deur Lukas van der Merwe geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button