Local newsSport

Nigel Rugby Klub sluit suksesvolle jaar af

Nigel Rugby Klub se top spelers van 2023 het erkenning ontvang tydens die klub se prysuitdeing.

Nigel Rugbyklub het op 11 November ‘n suksesvolle jaar afgesluit met hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling.

Louis Bezuidenhout is ook tydens dié geleentheid herverkies as voorsitter van die klub vir 2024.
Die res van die bestuur sal binnekort aangekondig word.

“Harde werk het Nigel Rugby Klub toegelaat om ‘n suksesvolle seisoen te kon beleef,” het Bezuidenhout gesê.

“Ongelukkig het die eerste span naelskraap in die finaal verloor maar afgesien daarvan ag ons as bestuur die jaar as ‘n suksesvolle jaar.

“Ons werk al klaar hard agter die skerms om in 2024 beter te vaar as dié jaar.

“Ons, as ‘n Merlin-span, gaan saam met een of twee ander spanne in 2024 in ‘n nuwe liga teen spanne van die Peregrine Liga deelneem. Ons sal onsself kan meet en weet waaraan ons moet werk,” het Bezuidenhout gesê.

In die 2023 seisoen het Nigel se eerste span 680 punte in die liga aangeteken en 198 drieë gedruk. Junaide Seedat het 269 punte aangeteken en Graig Pienaar het 19 drieë gedruk.

Die tweede span het die liga vir die vierde keer agtereenvolgens gewen. Dié span het 524 punte in die liga aangeteken en 85 drieë gedruk.

Die toekennings was soos volg: Henk van der Merwe (spanbestuurder van die jaar), Jodie Peens (bestuurslid van die jaar), Khomotso Mokwele (bestuur se speler van die jaar), Kobie Snyman (afrigter van die jaar), tweede span (beste span vir die jaar), Morné Viljoen (klubman van die jaar), Graig Pienaar, (mees opwindende speler van die jaar), Nico Janse van Rensburg (toeskouer van die jaar), Greg de Paivia (voorsitter beker), Reginald Thabethe (eerste span wissel trofee) en Morné Viljoen (tweede span wissel trofee).

• Tweede Span

Sipho Mahlanga (voorspeler van die jaar), Ettienne Booysen (agterspeler van die jaar), Hansie Rudolph ( meeste drieë), Simba Jange (meeste punte), Jabu Mloi (mees toegewyde speler), Nicky Glad (opkomende speler van die jaar), Hansie Rudolph (speler se speler van die jaar) en Simba Jange (speler van die jaar).

• Eerste span

Adriaan van Taak (voorspeler van die jaar), Junaide Seedat (agterspeler van die jaar), Graig Pienaar (meeste drieë), Junaide Seedat (meeste punte), Juandre van Dyk (mees toegewyde speler), PJ de Beer (opkomende speler van die jaar), Frikkie Jansen (speler se speler van die jaar) en Martin du Plessis (speler van die jaar).

• Andile Shange is aangewys as die junior speler van die jaar en Graig Pienaar as die senior speler van die jaar.

Related Articles

Back to top button