Suikerbos-Oord inwoner Susan Lockem weet van melktert bak.
Susan het aan die Solidatiteit Helpende Hand Melktert kompetisie deelgeneem en ‘n tweede plek verower.
Daar was een skamele punt wat die verskil tussen eerste en tweede plek aangedui het.
Susan het verlede jaar ook ingeskryf en toé ‘n derde plek behaal.
Op 13 November het Helpende Hand, Oos- Rand Streek onder leiding van Mariolette Vorster, Patricia Meyer en Bianca Oosthuyzen Susan se sertifikaat en prys aan oorhandig.
Die kompetisie, wat in sy derde jaar is, word vir inwoners van aftree oorde aangebied.
Susan is al jare aan die werskaf aan haar resep om dit perfek te kry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



