Suid-Afrikaanse Weermagvereniging Veterane (SAWV) Eenheid Suikerbos se Projek Dwergvalk gaan van krag tot krag.
Dié projek word aangebied vir jeugorganisasies, skole en instansies wat met die jeug werk.
Die jeug lê die ondervoorsitter, Willem Pretorius en adjudant Hannes Louw na aan die hart. Dit is hul doelwit om, waar moontlik, jongmense touwys te maak oor sekere onderwerpe.

Dié twee lede tesame met SAWV Veterane en Eenheid Suikerbos voorsitter Frik van Niekerk, het onlangs Laerskool AG Visser in Rensburg besoek.
Tydens die besoek was die seuns geleer hoe om met ‘n slingervel te werk en is ‘n les, gebaseer op die verhaal van Dawid en Goliat, ook bygewerk.
Die leerders is ook geleer hoe om self rigting te bepaal en self ‘n vuur te maak vir oorlewing.

Na die verrigtinge het Van Niekerk ‘n sertifikaat van verdienste van Eenheid Suikerbos aan Laerskool AG Visser se hoof, Selma Marx oorhandig.
Op haar beurt het sy haar dank aan die lede oorgedra vir die kennis wat hulle met die leerders gedeel het.
Projek Dwergvalk is ‘n gratis diens wat verskaf word aan skole of organisasies.
Kontak vaan Niekerk by 079 220 5555 vir meer inligting.



