Local newsSport

Damduikers vat jongspan vir uitstappie

Die hengelklub het die dag langs die viswater geniet.

Die Damduiker Hengelklub het op 18 November kinders vanuit die gemeenskap op ‘n uitstappie na die Vaalrivier geneem en ‘n genotvolle dag beleef.

“Ons het ook ‘n nuwe reeks van die bekende Schalk van Breda gebruik om mee vis te vang en kon daarin slaag om 13 visse uit die water te katrol,” het Dominic Magalhaes van die klub gesê.

Collin Smith met sy vangs.

“Ons het die visse weer terug in die rivier gelaat nadat ons hulle gevang het.”

Magalhaes meen dat die klub na die reën seisoen talle uitstappies wil beplan en ook verskeie kompetisies vir die klub reël.

Vir meer inligting oor die klub of om aan te sluit, kontak Magalhaes by 062 745 0776.

Lemoin Smit met sy seun Luke Smith.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button