Laerskool AG Visser se Kameel Fees word herleef
‘n Kunstefees work ook beplan en van die kinders sal ‘n geleentheid kry om hul drama vernuf te wys.
Die gemeenskap van Heidelberg asook besoekers kan weer uitsien na die gewilde Kameel Fees wat jaarliks by Laerskool AG Visser se skoolgronde plaasvind.
Die laaste Kameel Fees was in 2015 gehou, maar die skool beplan om die beroemde fees vanjaar te laat herleef.
Feesgangers kan uitsien na ’n groter en beter fees met hope vermaak en pret vir jonk en oud.
“Hou dus 24 en 25 Mei oop en kom hou Kameel Fees soos nooit tevore nie,” het Selma Marx, skoolhoof van Laerskool AG Visser gesê.
Die fees kry sy naam vanaf ‘n konsep waar daar op kamele resies gejaag word, amper soos ‘n perde-wedren.
Tydens die aanloop na die fees, word daar weddenskappe op die kamele gedoen.
Die wedren vind op 25 Mei plaas en toeskouers en wedders kan toekyk hoe hul gunsteling kameel die wedloop voltooi.
By vanjaar se fees gaan verskeie kunstenaars ook optree om te sorg vir heerlike vermaak.
‘n Kunstefees work ook beplan en van die kinders sal ‘n geleentheid kry om hul drama vernuf te wys.
Besoekers kan veral uitsien na die AG Visser vertoning waar die gedigte en skrywe van die beroemde ikoon van Heidelberg se werk vertoon sal word.
Terwyl die kinders hulself kan geniet by die ondermeer ‘n pretpark, water speletjies en stoomtreinritte, sal daar ook ‘n biertuin wees en ‘n groot verskeidenheid stalletjies met items te koop vir die hele familie.
Lipleklekker kos stalletjies sal sorg dat elke besoeker iets na sy smaak kry om te eet.
“Ons is baie opgewonde om die baie bekende Kameel Fees te herleef en nooi almal uit om deel te neem en saam met ons te kom fees vier,” sê Selma Marx.
Die reëlings is reeds in volle swang.
Vir meer inligting, kontak Van Zyl Schultz by 082 560 2275 of hou die sosiale blaaie van Laerskool AG Visser dop.



