Local newsSport

Rolbal liga wedstryde neem ‘n aanvang

Die wenners sal aangewys word na al die spanne in die liga teen mekaar gedurende die seisoen gespeel het.

Heidelberg Rolbalklub het op 13 Januarie gasheer gespeel vir die eerste liga wedstryde van die jaar.

Verskeie klubspanne, wat deel van die liga vorm, het opgedaag.

Die spanne wat deel van die A-liga vorm en wat teenwoordig was, is:

Vroue: Edenvale, Kempton Park, Brackenhurst, Boksburg en Heidelberg.

Mans: Alberton, Avion Park, Benoni, Delville Germiston, Edenvale en Heidelberg.

Tydens die liga byeenkoms het Heidelberg se vroue teen Edenvale te staan gekom en die mans teen Alberton.

Die wenners sal aangewys word na al die spanne in die liga teen mekaar gedurende die seisoen gespeel het.

Die liga gaan baie mededingend wees en die spelers sal hul beste balle moet rol alvorens die wenner bepaal sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button