Local news

VLU Rensburg tak begin nuwe jaar in volle kleur

Die Vroue Landbou-unie Rensburg-tak het op 16 Januarie die nuwe jaar afgeskop met hul eerste vergadering en ook ‘n nuwe tema vir 2024, ‘Lewe in volle kleur’.

Nadat Anetha Hammond se gedig voorlesing oor die mooiheid van vrouwees, het die voorsitter Marty Jerling die vergadering amptelik geopen.

Jerling het tydens haar voorsittersverslag die lede bedank vir elkeen se deelname en het ook die sukses van die Rensburg-tak die afgelope jaar beklemtoon.

“Elkeen van die lede het ‘n passie vir die VLU asook om hul kennis te verbreed.

Betsie Knoesen was vereer vir haar uitmuntende breiwerk wat tweede plek by die 2023 kongres behaal het.

“Dis belangrik vir die lede om die oumas se gebak en kunswerke wat uitgesterf het weer te laat herleef,” het Jerling gesê.

Sy het genoem dat die lidmaatskap tot 30 lede in November gegroei het en haar hoop uitgespreek dat die passie nooit sal ophou nie.

Die spreker vir die dag was dr Reg Hammond, menslike ontwikkeling en prestasiespesialis. Sy boek Umoya wat gaan oor hoe om jou brein op te gradeer om jou persoonlike prestasie te bevorder, het aangepas by die tema om in volle kleur te lewe.

Die spreker tydens die VLU Rensburg-tak se eerste vergadering was dr Reg Hammond. Hy het sy boek Umoya voorgestel, wat wind in Zulu beteken.

Oor sy boek Umoya, wat wind in Zulu beteken, het Hammond gesê dat wind verandering bring en dit hang af van elke mens hoe hy die verandering hanteer.

Die boek verduidelik hoe verstandelike en emosionele vaardighede benut kan word om jou doel te ontdek en uit te leef sodat jy die lewe in volle kleur kan geniet.

“Gee ‘n vrou kruideniersware en sy skep ‘n maaltyd. Gee haar ‘n huis en sy skep ‘n tuiste,” het Hammond gesê en bygelas dat vroue skeppers van formaat is en dit is wat die VLU vroue so spesiaal maak.

Tydens die vergadering is een van die skeppers van formaat, Betsie Knoesen vereer vir haar top prestasie met breiwerk waarvoor sy ‘n tweede plek by die 2023 kongres behaal het.

Heilie van den Berg wat vir 15 jaar lid van die VLU is, het tydens die VLU Rensburg tak se eerste vergadering in 2024 gesê sy is opgewonde oor die jaar se tema van ‘Lewe in volle kleur’. Sy glo die VLU is insiggewend en leer jou om selfvertroue te hê in al jou vermoëns en skeppingswerk.

Anetha Hammond is gekroon as die VLU Rensburg-tak se lid van die jaar en Jerling het haar balkie aan haar oorhandig.

Petra Basson is ook tydens die vergadering spesiaal bedank vir haar bydrae en hulpvaardigheid.

Heilie van den Berg het net voor die vergadering verdaag het, vir Marty Jerling bedank as voorsitter en namens die lede hul waardering vir haar harde werk en leierskap uitgespreek.

Die dag is afgesluit met ‘n kleurvolle tafel gevul met smulhappies.

Die volgende vergadering sal op 20 Februarie plaasvind.

Kontak Jerling by 082 465 9343 vir meer inligting.

Marty Jerling, voorsitter VLU Rensburg-tak het op 16 Januarie die tak se eerste vergadering in 2024 amptelik geopen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button