Jeug rugby in die kollig
Die School of Excellence Rugby Academy gaan beskikbaar wees en help met verskeie aspekte rondom die spel.
Die Suikerbos Jeug Rugbyklub het op 13 Januarie hulle eerste proesel van die nuwe rugbyseisoen gehad.
Die spelers het ‘n oefensessie saam met afrigter, Vanie Maart en verskeie Valke spelers gehad.
Die klub het op 16 Januarie amptelik met hulle voorbereiding vir die 2024 seisoen by die John Vorster Stadion in Nigel begin, waar daar veral op fiksheid gekonsentreer sal word.
Suikerbos Jeug Rugby Klub het ook die goeie nuus ontvang dat hulle saam met die School of Excellence Rugby Academy gaan werk.
Die School of Excellence Rugby Academy gaan beskikbaar wees en help met verskeie aspekte rondom die spel en verskeie vaardighede.
Voorts sal die bekende afrigter, Vanie Maart, die Springbok rugbyspelers Jaden Hendricks en sewes speler Dash Mafuma ook die jong spelers touwys maak en help waar hulle kan.
Hule sal veral kyk na groep vaardighede ontwikkeling, individuele vaardighede ontwikkeling, korrekte uitgee van die bal, skoppe, duikslag tegnieke, lynstaan ingooi en lynstaan bewegings.
Die begin ouderdom van die spelers is sewe jaar.
Persone wat meer inligting verlang kan Vanie Maart by 062 740 8848 kontak.
Die klub het ook die nuwe bestuur vir 2024 aangewys, met voorsitter Kydia Smal, onder-voorsitter Percy Jones, funksie bestuurder Gene Mouton en administratief en bemarking Mandy Jones.
Om deel te word van die klub kontak Kydia Smal by 061 710-2320