Local newsSport
Lewensredder ryg goue medaljes in
Plaaslike lewensredder, FC Rosslee het tydens die onlangse Gauteng-Noord Prestige Lewensredding gala, wat in Pretoria plaasgevind het, uitstekend gevaar.
Rosslee het in vyf items deelgeneem en het goud in al die items verower.
Die items het die 50 Manikin Carry, 100m Manikin Carry met finne, 100m hindernis, 100m reddingsaflos en 100m Super Snipper ingesluit.
Hy is tans hard aan die oefen ter voorbereiding vir die Nasionale Lewensredding Kampioenskappe wat in Maart plaasvind.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



