Local newsSchools

Rekords spat by interhuis

Daar word nou gefokus op voorbereiding vir die res van die seisoen.

Leerders van die Laerskool Tini Vorster het op 20 Januarie aan die jaarlikse interhuis byeenkoms deelgeneem.

Atlete het gewoeker met hul talente en verskeie rekords is verbeter.

Dominique Kriel het die dogters o13 hoogspring rekord van 1.36m geĆ«wenaar en verbeter die dogters o13 gewigstoot rekord met ‘n afstand van 11.24m. Die vorige rekord was 10.97m.
Zander van Eck het die seuns o13 80m hekkies rekord verbeter met 14.40. Die vorige rekord was 14.57.
Anei Brandt het die dogters o12 75m hekkies rekord met ‘n tyd van 13.03 verbeter. Die vorige rekord was 13.22.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button