Local newsSport

Heidelberg buig knie teen Crescents

Die Heidelberg Krieket Klub moes die knie buig na hul opponente se goeie kolfvertoning.

Heidelberg Krieketklub het op 11 Februarie teen Crescents Krieketklub op Heidelberg se veld te staan gekom.

Die wedstryd was deel van die Lions Krieket Unie Premier B-liga bepalings.

Heidelberg moes die knie voor Crescents buig nadat die tuisspan almal uitgeboul is vir 198 lopies in 43.5 boulbeurte.

Crescents se kolfwerk was uitmuntend en hulle het die wentotaal in 36.3 beurte verbygesteek om die wedstryd met vier paaltjies te wen.

Die span se totaal was 199 vir die verlies van ses paaltjies.

Heidelberg Krieket Klub se uitstaan spelers was, kolwers Dylan Aucamp met 56 lopies en Johan Wessel met 91 lopies.

Boulers: Choppie Louw met vier paaltjies vir 50 lopies (vyf boulbeurte), Dylan Aucamp een paaltjie vir 40 lopies (ses boulbeurte) en Bryan Pretorius een paaltjie vir 47 lopies (10 boulbeurte).

Die speler van die wedstryd was Johan Wessel (Heidelberg Krieket Klub).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button