Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging Eenheid Suikerbos projek, Operasie Dwergvalk, is spesifiek op die jeug gemik en twee jong seuns het onlangs, danksy dié projek, die geleentheid gekry om ‘n mesmaker te besoek.
Projek Dwergvalk het Jean de Villiers en Eduan Coreejes van die Suikerbos Kommando Voortrekkers na die mesmaker vergesel om meer oor die kuns van mesmaak te leer.
Die mesmaker, Martin Schutte van Pretoria het die seuns geleer wat dit verg om ‘n kwaliteit instrument te maak deur handearbeid in te span, maar ook masjinerie te gebruik.
SAWV, Eenheid Suikerbos voorsitter Frik van Niekerk het sy tevredenheid oor die seuns se leersame ondervinding uitgespreek.
“Met die opleiding en inligting het Martin ‘n vlammetjie by die seuns aangesteek wat hulle lewenslank gaan bybly,” het van Niekerk gesê.