Rhino Beker is Rabbitohs nie beskore
Die groot verskil tussen die twee spanne is dat Grizzlies al hul skop punte laat tel het.

Die Nigel Rabbitohs Rugby Klub Liga het Saterdag tydens die Suid-Afrikaanse Rugby Liga se Rhino Beker Klub finaal oor die laaste hekkie gestruikel en 37-32 teen die Grizzlies verloor.
Die finaal van die Rhino Beker is op die John Vorster Stadion in Nigel beslis.
In die eerste helfte het die spanne wipplank gery waar beide spanne met tye die voortou geneem het.
Halftyd was die Nigel Rabbitohs voor met ‘n telling van 28-24.

Die Nigel Rabbitohs het vyf drieë gedruk en met vier vervyfskoppe geslaag, terwyl Grizzlies vier drieë gedruk het en vier vervyfskoppe deur die pale gejaag het.
In die tweede helfte het Grizzlies die meeste van die speelwerk gedoen, en het gou die voortou geneem wat hulle nie weer prys gegee het nie.
Die Nigel Rabbitohs het in die tweede helfte deurgaans opvang rugby probeer speel en moes met alle mag verdedig om te verseker dat Grizzlies nie te ver met die wedstryd weghol nie.

In die tweede helfte het die Nigel Rabbitohs een drie gedruk terwyl Rabbitohs twee drieë gedruk het asook twee vervyfskoppe behaal het asook ‘n skepdoel.
Die groot verskil tussen die twee spanne is dat Grizzlies al hul skop punte laat tel het.
Die Nigel Rabbitohs se vertoning was merkwaardig. Hulle is nog relatief nuut in die Rugby Liga en vir die afgelope twee jaar het julle elke keer in die finaal gespeel.
