Local newsSport

Oos-Rand Polisie laat Nigel sweet vir ‘n oorwinning

Nigel Rugby Klub skop hul seisoen af met 'n oorwinning.

Nigel Rugby Klub het op 17 Februarie hulle eerste amptelike wedstryd van die jaar teen Oos-Rand Polisie gespeel en met 36-22 gewen.

Die wedstryd was op John Vorster Stadion in Nigel beslis.

Die spel was in die begin maar ‘n sukkelstryd en dit was duidelik dat beide spanne nog die spinnerakke moet afskud.

Daar was vele hanteerfoute veral in die eerste helfte gewees en menige strafskoppe is deur die twee spanne afgestaan.

Daar was 20 skrums tussen Nigel en Oos-Rand Polisie.

Oos-Rand Polisie het eerste punte aangeteken waar hulle in die 15de minuut ‘n drie gedruk het. Die vervyfskop was mis gewees.

Nigel het in die 22ste minuut hulle eerste punte aangeteken wat suksesvol verdoel was.

Die halftyd telling was Nigel 7 teenoor Oos-Rand Polisie se 5.

In die tweede helfte het die wedstryd meer rigting gekry, met beide spanne wat hulle voete begin vind het.
Nigel het vyf drieë in die tweede helfte gedruk en met twee doelskoppe geslaag.

Nigel Rugby span hou ‘n spanpraatjie voor die aanvang van die wedstryd.

Oos-Rand Polisie het drie drieë gedruk en een vervyfskop oorgeskop.

Daar was altesaam 41 strafskoppe en vryskoppe toegeken waarvan 20 aan Nigel toegeken was.

Daar is ook 22 lynstane afgedwing en 20 skrums het plaasgevind.

Een geel kaart is aan ‘n Nigel speler uitgedeel en ‘n rooi kaart aan ‘n Oos-Rand Polisie speler.

Nigel se volgende vriendskaplike wedstryde is op 24 Februarie teen Alberton op John die Vorster Stadion.

Nigel Rugby span hou ‘n spanpraatjie voor die aanvang van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button