Local newsSport
Kragopteller sien uit na nasionale byeenkoms
Charné Herman sal Gauteng verteenwoordig.
Hoër Volkskool leerder, Charné Herman (Graad Nege) het gekwalifiseer om Gauteng te verteenwoordig by die Nasionale Kragoptel Kampioenskap wat in April plaasvind.
Haar kwalifikasie volg nadat sy op 16 Februarie in Johannesburg aan die Gauteng Kragoptel Kampioenskap in die sub-junior onder 63kg afdeling deelgeneem het.
Charné het ‘n silwer medalje verower waar sy ‘n total van 200kg opgetel het.
Die gewig was versprei tussen drie dissiplines naamlik, dooie oplig, hurk en bankpers.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



