Local newsSport

Kragopteller sien uit na nasionale byeenkoms

Charné Herman sal Gauteng verteenwoordig.

Hoër Volkskool leerder, Charné Herman (Graad Nege) het gekwalifiseer om Gauteng te verteenwoordig by die Nasionale Kragoptel Kampioenskap wat in April plaasvind.

Haar kwalifikasie volg nadat sy op 16 Februarie in Johannesburg aan die Gauteng Kragoptel Kampioenskap in die sub-junior onder 63kg afdeling deelgeneem het.

Charné het ‘n silwer medalje verower waar sy ‘n total van 200kg opgetel het.

Die gewig was versprei tussen drie dissiplines naamlik, dooie oplig, hurk en bankpers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button