Die Heidelberg Rugbyklub het op 24 Februarie twee spanne in die veld gestoot teen Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) as proef wedstryde.
Beide Heidelberg asook VUT het die wedstryde gebruik as ‘n maatstaf vir die komende rugby seisoen en om vas te stel waaraan beide die spanne moet werk. Dit was duidelik dat die spelers nog nie as ‘n eenheid saamspeel nie.
Hanteerfoute was gereeld begaan.
In die eerste wedstryd het die Heidelberg span hard probeer maar VUT het in die tweede helfte die krane oopgedraai en as wenners van die veld gestap. VUT het met 33-12 gewen.
Die tweede wedstryd het wipplank gery. Heidelberg het 34-28 gewen.
Met die regte skaafwerk behoort Heidelberg hul man dié jaar in die Merlin liga te kan staan.
Daar is nog verskeie vriendskaplike wedstryde alvorens die liga in erns afskop.
Heidelberg Rugbyklub oefen elke Dinsdag en Donderdag by die Hoër Volkskool rugbyveld. Spelers wat belangstel om by die klub aan te sluit kontak die afrigter Jaco van Rensburg by 060 575 6081.