Local newsSport
Vossies wen interhoër
Ander deelnemende skole was die Hoërskole Stoffberg, Delmas, Dr Johan Jurgens en HTS Springs.

Die Hoërskool John Vorster is gekroon as wenners na afloop van die interhoër byeenkoms wat op 16 Februarie by die Herman Immelman Stadion plaasgevind het.
Ander deelnemende skole was die Hoërskool Stoffberg, Hoërskool Delmas, Hoërskool Dr Johan Jurgens en HTS Springs.

Met die meisies atlete wat algeheel tweede was en die seunspan eerste, het hulle gesorg dat Vossies die interhoër wen.

Ruan Bekker was aangewys as die beste junior seun in velditems en Petri Stolz by die senior seuns.

Die beste senior dogter in velditems was Chanelle Herbst.

Die senior Victor Ludorum trofee het aan Linden Manuel gegaan en by die juniors was dit Jayden Coveira wat die toekenning ontvang het.

Die junior Victrix Ludorum toekenning het aan Semei Joubert gegaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.