Local newsSport

Heidelberg Rolbalklub skuif op na die Premier liga

Die span het in die finale wedstryd baie oortuigend gewen.

Die Heidelberg mans rolbalspan het onlangs die Ekurhuleni liga, divisie een gewen.

Die span bestaan uit Werner Schipper, Karl Strauss, John Drysdale, Mike van Nierop, Hansie Grobler, Pieter Pieterse, Johan Eygelaar en Gert Briel.

Die span het in die finale wedstryd ‘n oorwinning van 62-23 aangeteken teen die span van Edenvale.

Die ander spanne in die afdeling was Benoni, Delville-Germiston, Alberton en Avion.

Met ‘n uitstekende seisoen agter die blad en briljante prestasies, skuif die Heidelberg Rolbal Klub nou op na die Premier liga.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button