Local news
Volkie netbalspanne deur na SA’s
Beide spanne het daarmee gekwalifiseer om in Julie aan die SA Skole Netbalkampioenskappe deel te neem.

Die Hoër Volkskool se netbal A-spanne (o14 tot eerste span) het almal aan die Gauteng Netbalkampioenskappe uitspeel wedstryde deelgeneem.
Die kampioenskappe het die naweek van 8 en 9 Junie plaasgevind.
Volkskool se o16 asook die o17-spanne het beide vierde geëindig na die uitspeel wedstryde afgehandel was.
Beide spanne het daarmee gekwalifiseer om gedurende Julie aan die SA Skole Netbalkampioenskappe deel te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



