Local newsSport

Nigel bly op die wenpad

Nigel op koers halfeinstryd toe.

Nigel Rugbyklub het teen Kempton Wolwe in die Valke Merlin Liga op 20 Julie gespeel.

Die wedstryde was op Kempton se velde beslis.

Nigel Rugbyklub is besig om ‘n goeie jaar op die rugbyveld te ervaar en is tans in die wedloop om ‘n moontlike tuis halfeinstryd in die uitspeel wedstryde aan te bied.

Nigel se eerste span het die wedstryd naelskraap met 31–28 gewen.

Kempton het hul spel opgeknap en beter gespeel teen die ander wedstryde in die liga. Hulle het die Nigel span eerlik gehou en verseker dat Nigel nie met die wedstryd kon weghardloop nie.

Nigel se tweede span op die aanval.

Nigel se punte was aangeteken soos volg:

Drieë: Odwa Gcobo (1), Reggie Thabethe (1), Olivethu Mtyali (1) en Ieuan Cobus (1). Doelskoppe: Nico Colyn (2), Steven Kok (1) en Juandre van Dyk (1). Strafskoppe: Nico Colyn (1).

Die speler van die wedstryd was Wilco Ras.

Nigel se tweede span het Kempton se tweedes op ‘n drafstap met 71–0 geklop.

Nigel op die aanval.

Nigel tweedes punte was soos volg aangeteken:

Drieë: Freedom Ngubeni (1), Japie Marais (1), Lian Pelzer (1), Koos Lotter (1), Ruan Lombard (2), Nicky Glad (1), Lean Els (1), Rhys Thompson (1), Henry van Biljon (1) en Franco Pretorius (1). Doelskoppe: Jannie Hough (3).

Ruan Lombard was die speler van die wedstryd.

Nigel se volgende wedstryd is op 27 Julie teen VUT op die John Vorster veld in Nigel.

Nigel se eerste span net voor ‘n afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button