Berge se eerstes buig die knie teen Meyerton
Berge se verdediging is tydens die wedstryd getoets.
Heidelberg Rugbyklub het op 27 Julie teen Meyerton Knights in die Valke se Merlin Liga uitgedraf.
Meyerton is tans die houers van die Merlin Beker nadat die span in 2023, tydens die eindstryd, vir Nigel in die laaste minute geklop het.
Die wedstryde waar die eerste en tweede spanne in aksie was, was in Meyerton gespeel.

Heidelberg se eerste span moes met 47-14 die aftog blaas.
Berge het hard probeer maar op die dag was Meyerton net te goed vir hulle gewees.
Heidelberg se verdediging was nie op standard gewees nie en het toegelaat dat Meyerton ‘n paar bresse kon slaan wat in punte omskep was.
By die Berge se eerste span was die punte aangeteken deur twee drieë wat deur Ruan Claasen en Dwayne Rossouw gedruk is.

Kevin Schutte en Mpho Mbata het elkeen ‘n doelskop oorgeskop.
Heidelberg se tweede span het op hulle beurt die bordjies verhang deur Meyerton se tweedes geklop.
In hulle vorige kragmeting het Meyerton se tweedes vir Berge 17-13 geklop.
Heidelberg se tweedes het hulle dié keer behoorlik laat geld en het verdien om aan die wenkant teen Meyerton se tweede span te kom.
Die eindtelling was Heidelberg 22-7.
Heidelberg Rugbyklub se volgende wedstryde is op 3 Augustus teen Benoni Northerns op Volkskool se veld.




