Local newsSport

Nigel bobaas teen VUT

Die halftyd was Nigel 27 – VUT 12.

Nigel Rugbyklub het op 27 Julie teen VUT (Vaal University of Technology) in ’n Valke Merlin Liga kragmeting te staan gekom.

Die wedstryde, wat op die John Vorster Stadion in Nigel beslis is, is opgedra aan hulle ster speler, Andile Shange was op 23 Julie oorlede is.

Die eerste en tweede spanne se wedstryde is vooraf gegaan met ‘n minuut van stilte ter ere aan Shange.

Die eerste span het hulle wedstryd 46 – 12 gewen.

Op papier lyk dit of dit ‘n maklike wedstryd was maar in die begin het VUT aangeval het en die eerste drie gedruk.
Nigel het terug geslaan en ook agter VUT se doellyn gaan kuier. VUT het daarna weer vining ‘n drie gaan druk.

Na sowat 30 minute se spel in die eerste helfte het Nigel mooi in rat gekom en drie verdere drieë gedruk en met twee doelskoppe asook ‘n strafdoel geslaag.

VUT het geen verdere punte aangeteken nie.

Die halftyd was Nigel 27 – VUT 12.

In die tweede helfte het Nigel ‘n verdere drie drieë gedruk en twee suksesvolle doelskoppe deur die pale gejaag.
Die wedstryd telling aan Nigel se kant kon veel groter gewees het maar daar was heelwat ongedwonge hanteer foute wat deur die span gemaak was.

Nigel se tweede span het op hulle beurt VUT se tweedes maklik met 35 – 5 geklop.

Nigel se tweede span het in hulle wedstryd vyf drieë gedruk en al vyf drieë was suksesvol verdoel.

VUT op hulle beurt kon net een drie vroeg in die wedstryd gedruk het.

Beide Nigel se eerste en tweede spanne se sterk punt is om die bal lug te geen en toe te laat dat die spelers met die bal kan hardloop.

Die skrums is ‘n ander sterk punt waar hulle beslis die botoon teen die meeste spanne voer.

Nigel Rugbyklub se volgende wedstryd is op 3 Augustus teen East Rand United op ERU se tuisveld.

‘n Gedenkdiens vir Andile Shange vind op 3 Augustus om 10:00 uit die NG Kerk Moeder Gemeente in Nigel plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button