Local news

Inwoners kook dat die sop so spat

Die inowners het die sopkompetisie terdeë geniet.

Die Suikerbos Aftreeoord het op 26 Julie ‘n kompetisie vir die inwoners van die oord aangebied om vas te stel wie die beste pot sop kan maak.

Die inwoners wat ingeskryf het, het hule beste resepte uitgehaal en gewys wat in elkeen steek.

Suikerbos Aftreeoord se maatskaplike werker Marlene Walkden het almal tydens die beoordeling welkom geheet.
“Elkeen wat ingeskryf het, het uit hul pad gegaan om te verseker dat elkeen hulle lippe kan aflek in afwagting vir die proe van die sop,” het sy gesê.

Die koskenner wat al die potte sop beoordeel het was Sumari Theron van Kookstertjie in Heidelberg wat die eer en moeilike taak gehad het om dit te proe en die wenners aan te wys.

Die inwoners wat ingeskryf het was Ian Meiklejohn, Maryna Rossouw, Elsabé Rossouw en Lien Venter.
Daar was ertjiesop, botterskorsiesop, aartappel en biltongsop, twee verskillende groentesoppe asook ‘n sampioensop.

Net om sake te bemoeilik het Johan Benade van Suikerbos Aftreeoord se kombuis ook twee soppe ingeskryf.
Meiklejohn het ook tyd gehad om sy tuisgemaakte brood te maak vir die geleentheid.

Theron het die wenners aangekondig. Maryna Rossouw met haar familie groentesop was vierde, Elsabé Rossouw se ‘moer-by’ groentesop was derde, Ian Meiklejohn met sy ertjiesop was tweede en die wenner was Lien Venter met haar sampioensop.

Ter afsluiting het Walkden gesê daar was eintlik geen wenners of verloorders nie.

“Elkeen is wenner en ons kan onsself net geniet aan al die verskillende smake en geure wat die sopkompetisie gelewer het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button